Volkieland
Facebook Feed

Ons VR Seuns vir 2017!

Voor van links na regs: Charldon Boshoff-Mostert, Ryno Engelbrecht, Hanjo Minnaar en Divan Oosthuizen
2de Ry van links na regs: Heinco Botha, Gian de Waal en Altus van Niekerk
3de Ry van links na regs: Zander du Preez, Jacques Kloppers, Juan-Jac Cronjé en Albert Hattingh
4de Ry van links na regs: Francois van Niekerk, Andy Haasbroek, Liam Jordaan en Jaunrich Dercksen
Agter van links na regs: Mev. Petro du Plessis (VR Voog), Mnr. Daan Marx, Mnr. Neels de Villiers en Mnr. Hennie Pieterse

Baie Geluk! Ware Volkietrots!
...

View on Facebook

Ons VR dogters vir 2017!

Voor van links na regs: Lara le Roux, Annika Krüger, Lizanne Cronjé en Mintie-Louise Botha
2de Ry van links na regs: Tamara Barnard, Kyra Beukes, Anize Bester en Carla Coetzer
3de Ry van links na regs: Liza Uys, Monjah Holtzhausen, Eloise du Plessis en Thénicia Schultz
4de Ry van links na regs: Karlien Spykerman, Chané Olwage, Maryka Conradie en Carmen Britz
Agter van links na regs: Mev. Petro du Plessis (VR Voog), Mnr. Daan Marx, Mnr. Neels de Villiers en Mnr. Hennie Pieterse

Baie Geluk! Ware Volkietrots!
...

View on Facebook

SPORTUITSLAE 19-20 AUGUSTUS 2016:

TENNIS: OOS-GAUTENG UITSPEELWEDSTRYDE TE BENONI:
Dogters A verloor 24-48 teen H/S Marais Viljoen A
Seuns B verloor 35-37 teen Curro Serengeti
Seuns D wen 38-18 teen H/S Kemptonpark

TENNIS: VAALDRIEHOEK (GEMENGDE -LIGA)
Volkskool 5 wen 43-27 teen Vereeniging Gimnasium
Volkskool 3 wen 41-19 teen H/S Transvalia 5

HOKKIE 0/18 (INDOOR) TE ST. DOMINICS
Volkskool 1 wen 4-0 teen Woodlands 1
Volkskool 2 verloor 1-7 teen EG Jansen 1

RUGBY: 7'S TOERNOOI TE POTCHEFSTROOM
Eindig algeheel 3de uit 20 skole
Verloor 19-20 teen Potch Volkies in semi-finaal
Wen 38-7 teen Potch Gimnasium in kwartfinaal
Wen 34-7 teen H/S Hoogenhout
Wen 31-0 teen Benoni High
Wen 49-7 teen HTS Witbank
Verloor 5-7 teen Potch Volkies

KRIEKET 1STE SPAN: LIGA-BEPALING TEEN H/S TRANSVALIA
Wen met 6 paaltjies
Volkskool: 136/4 & H/S Transvalia 135
Uitblinkers: D Visser (40 n.u.n met die kolf en 3/30)

KRIEKET 0/15 A: LIGA-BEPALING TEEN H/S MARAIS VILJOEN
Wen met 83 lopies
Volkies 318/8 & H/S Marais Viljoen 235
Uitblinkers: F du Plessis (90 lopies) MG Joubert (60 lopies) E Baird (53 lopies) M Barnard (4/40) T van Vollensteen (2/13)

LANDLOOP: VAALDRIEHOEK KLUB KAMPIOENSKAPPE TE RANDWATER (13 AUGUSTUS 2016)
0/14 Paul Steyn (9de) / Sarien Botha (5de)
0/15 Duhané du Plessis (1ste)
0/16 Claudine Steyn (6de) / Claudia Oosthuizen (7de)
0/17 Mintie-Louise Botha (3de)

Baie Geluk aan al ons spanne!
...

View on Facebook
My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

Aan die hange van die Suikerbosrand met as agtergrond die pragtige natuurskoon, lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou jongmense ‘n pragtige toekoms, om as Volkies hulle plekke in hierdie mooi land vol te kan staan.

Volkskool is ‘n skool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat jongmense as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing.

Die dinamika van ‘n veranderende Suid- Afrika vra ‘n dinamiese benadering tot onderwys en opleiding – iets wat in oormaat hier te kry is. ‘n Kind is nie net ‘n kind nie, hy/sy is ‘n kosbare kleinnood wat die Hemelse Vader aan ons geskenk het om te koester en volgens Sy wil op te lei en toe te rus vir die lewe. Volkskool se waardes lê geanker in die Christelike. Daarom poog ons om te verseker dat die skool sy ouers, leerders en onderwysers dié waardes uitlewe.

Die akademie sport en kultuur geniet besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n uiters belangrike faset van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononder-handelbaar. Daarvan getuig die uitslae wat jaar na jaar behaal word. As parallel-medium skool dra ons by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef. Akademici soos die edele regters Buddy Swart en Schabort, Proff. Peet Pienaar, Kristi Pienaar, Piet Prinsloo ( Rektor van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit) se wortels lê hier.

Sportprestasies lê gesaai. Verskeie sportsterre het deur die jare hulle opleiding hier voltooi. Mense soos Fanie de Villiers (krieket) en Ockie Oosthuizen (rugby) het Suid -Afrika op die sportveld verteenwoordig.

Op kulturele vlak staan hierdie skool terug vir niemand nie. Uitstekende prestasie word jaar na jaar op verskillende vlakke behaal. Die operaster Emma Renzi Scheepers, wêreldkoorlede Richter en Lente-Mari Grimbeeck asook Este Gross is ‘n bewys van die kaliber mense wat spore hier getrap het. Johan Vorster (Sanggroep Eden) soos eersgenoemdes, was lid van die Orpheumkoor wat al verskeie landswye toekennings gewen het.

Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms kan en gaan maak.