Volkieland
Facebook Feed

6 hours ago

Volkies Heidelberg

LEERDERSAKE 26-27 April 2019

ALGEMEEN
Toetsdatum van 30 April 2019 skuif na 29 April 2019 a.g.v superreeks
Toetsdatum van 2 Mei 2019 skuif na 3 Mei 2019 a.g.v superreeks

NETBAL 26 April 2019
1ste netbalspan NWU prestige reeks Semifinale te H/s Hugenote

SEUNSHOKKIE / TENNIS / SKAAK 26 April 2019
NWU prestige reeks semi-finale te H/s Hugenote
Bus vertrek om 12:00

RUGBY / HOKKIE / NETBAL 27 April 2019
NWU prestige reeks semi-finale te H/s Hugenote en DIe Anker

ATLETIEK
ASA-kampioenskappe (10 kamp) te Germiston See MoreSee Less

View on Facebook

1 day ago

Volkies Heidelberg

Baie geluk aan Jandre Moll wat ‘n goue medalje verower in die 50m vryslag elite youth item tydens die S.A. Senior Nationale Swem Kampioenskappe wat 8 – 12 April in Durban plaasgevind het See MoreSee Less

View on Facebook

My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

HOTELSKOOL:

Die skool se ou saal is in 1997 omskep in ‘n lieflike nuwe hotelskool. Die vak Gasvryheidstudies se praktiese komponent word hier aangebied. Leerders moet hulle praktiese eksamens hier aflê. Hulle word geleer hoe funksioneer ‘n kombuis, die bediening van voedsel asook alles rakende kroegbediening. Die praktiese deel van graad 10 tot 12 word tydens gasvryheidsaande gehou. Tydens die funksies maak die leerders al die kos en word die hele praktiese komponent deur hulle hanteer. Die hotelskool word ook deur buite instansies benut vir funksies.

SPORTFASILITEITE:

ATLETIEK EN RUGBYSTADION:

Die hoofstadion bestaan uit ‘n uitstekende gras-atletiekbaan met die A-Rugbyveld. Die stadion bekik oor uitstekende geriewe en fasiliteite met spreiligte. Die B-Rugbyveld is aangrensend tot die stadion en beskik oor sy eie paviljoen.

HOKKIEVELDE:

Daar is twee hokkievelde en ‘n derde wat slegs vir oefeninge gebruik word.                                           

NETBALBANE:

Die netbal beskik oor vier sintetiese weervaste bane wat onlangs nuut oorgedoen is.

SWEMBAD:

Daar is ‘n lieflike swembad waarin ons swemmers oefen vir die puik prestasies wat hulle bereik.

KRIEKETNETTE

Die krieketnette en blaaie is in ‘n uitstekende toestand en daarom  presteer ons krieket so goed. Die skool het ook ‘n Krieketakademie wat aktief bydra tot die suksesse van krieket 

TENNIS:

Die skool beskik oor vier weervaste tennisbane (ook onlangs oorgedoen) wat ook as ekstra netbalbane gebruik kan word.

REKENAARSENTRUMS:

Die skool beskik oor twee uitstekende toegeruste sentrums wat deur die vak Rekenaartoepassingstegnologie gebruik word. Beide is toegerus met internet vir die gebruik deur die leerders.Uitstekende kontrole en reëls maak dit veilig om die internet te gebruik.

Die skool se mediasentrum is die alternatief vir die benutting van geskrewe bronne en take.

SIVIELE TEGNOLOGIE SENTRUM:

Die leerders in Siviele Tegnologie het die gebruik van ‘n modern toegeruste sentrum waar hulle die praktiese komponent van die vak kan bemeester.

KOSHUIS:

  • Ons koshuis is onlangs opgegradeer en bied uitstekende geriewe teen uiters billike tariewe.
  • Voltydse koshuisinwoning is beskikbaar teen:
  • R2750,00 per maand per leerder (Alle etes ingesluit)
  • Leerders voorsien eie beddegoed.
  • Dagstudente R1 100,00 per maand per leerder (Ligte middagete ingesluit voor sportoefeninge om 14:30).
  • Vir enige navrae skakel  die skool gedurende skoolure by tel. no 016 341  3165 (Mnr. Neels de Villiers) of email: koshuis@volkies.co.za

MASTER MATHS

Is beskikbaar vir leerders wat sukkel om Wiskunde baas te raak. Dit is op die skoolterrein en oop vir leerders na skool, teen nominale koste.