Volkieland
Facebook Feed

Aandag alle Volkies en ouers!

Baie belangrik. Graad 8 NW Eksamen Bl. 109-120 moet bykom by die eksamen studieriglyne vir graad 8's. Dit verskyn nie op die bladsy nie. Gaan gerus op ons webblad www.volkiesheidelberg.co.za om die studieriglyne af te laai.

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 23 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00. Betaal by voogpersoneel.
Algemene Jaarvergadering (26 Oktober 2017) - Herinner ouers om vergadering by te woon.
Uittekenvorms vir eksamen. Handig by voogonderwyser in (finaal)
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) - Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Lewenswetenskap (Prakties) Gr. 10.
Oefengroep: Wiskunde Gr. 10 & 11 (14:00 - 15:00)
AdMaths Gr. 9-11 in K60 (17:00 - 19:00)
Intervensie-klasse: Afrikaans Gr. 10 om 14:00.
Dirigente-oefening in saal (14:15 - 15:00)
Atletiekoefening: Alle items (15:00 - 16:30)
Rugby-kondisionering: Seniors (15:30) + 0/15 (15:00) + 0/14 (17:00)

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 20 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00 - betaal by voogpersoneel.
Uittekenvorms vir eksamen - handig by voogonderwyser in.
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Krieket 0/15A: Noordvaal-kompetisie (kwartfinaal) teen PHS (21 Oktober 2017) - Sterkte!
Krieket 1ste span: Vaaldriehoek Uitklopreeks teen H/S Sasol (21 Oktober 2017)
Atletiekoefening (15:00 - 16:30)
Atletiekoefening: Spiesgooi (14:15 - 15:00)
Hokkie-rondomtalie (21 Oktober 2017)

Volkiegroete!
...

View on Facebook
My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

Duané Kitching en Tiaan Botha beide Gr. 11 leerders van Hoër Volkskool Heidelberg het die 2de Junie 2017 deelgeneem aan die Gauteng-Interskole Redenaars te Laerskool Jan Cilliers.  Daar is hierdie jaar 40 skole wat deelneem en meer as 600 inskrywings.  Altwee hierdie leerders behaal ń plek in die Top 10.  Tiaan behaal ń 4de plek  vir voorbereide Redenaars.  Duané behaal ń 3de plek vir Voorbereide Redenaars en ń algehele 1ste plek (Afdelingswenner) vir Onvoorbereide Redenaars.

Baie geluk!

 

 

Duané en Tiaan

 

Die volgende leerlinge het deurgedring na die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars wat gehou word op 26 Mei 2017 te Hoërskool Linden:

Kultuur 2017

Voor van links na regs: Tarien Trollip, Marissa Joubert, Jolene Horn
Agter van links na regs: Dinette Janse van Vuuren en Duané Kitching

 

Graad 8-9 Onvoorbereid
Jolene Horn
Tarien Trollip
Graad 8-9 Voorbereid
Dinette Janse van Vuuren
Graad 10 – 12 Voorbereid
Duané Kitching
Graad 10 – 12 Onvoorbereid
Marissa Joubert

Baie geluk! Ware Volkietrots!

 

Daar het omtrent 25 000 leerlinge deelgeneem aan die Radikale Redenaars kompetisie waarvan 1 600 leerlinge deurgedring het na die GAUTENG FINALE wat op 16 September 2016 plaasgevind het te Hoërskool Garsfontein. Twee van Volkies se leerlinge Duané Kitching (Gr10) en Tiaan Botha (Gr10) het deurgedring na die Gauteng Finaal.

Hierdie leerlinge kan beslis hul sê sê en het Volkies se naam hoog gehou. Hulle behaal elkeen ń plek op die Top 5. Duané behaal ń 4de plek en Tiaan ń 5de plek by die Gauteng Finaal.

Baie geluk! Ware Volkietrots!

tiaan-en-duane

Volkietrots!

Duané Kitching neem deel aan Carpe Diem Eisteddfod aangebied deur Hoërskool Die Anker op 1 September 2016. Sy neem deel aan 6 items waarin sy in al 6 items Diplomas ontvang met gemiddelde wat wissel van 90 % tot 98%. Sy is ook in al 6 hierdie items as Itemwenners aangewys.

Baie Geluk!

duane-kitching

Baie geluk aan Tiaan Botha en Duané Kitching wat albei deurgaan na die Gauteng Finaal op die 16de September 2016 te Hoërskool Garsfontein. Hulle het albei aan die Radikale Redenaars Fees deelgeneem op die 23ste Augustus 2016.

Ons wens hul alle sterkte toe en weet hul gaan Volkies se naam hoog hou!

TIENERTONEEL: ATKV SERTIFIKATE (9 AUGUSTUS 2016)

Hoër Volkskool Tienertoneel het twee groepe ingeskryf vir die ATKV kompetisie wat in die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg gehou is. Die kompetisie strek oor 5 dae en skole soos Helpmekaar en Potch Volkskool het deel geneem. Alhoewel ons nie deurdring na die finale rondte nie het ons verskeie sertifikate ontvang.

1.       Jacques Pieterse – Silwer vir dans

2.       Nkanyezi Gwebu – Brons vir acting

3.       Marissa Joubert – Brons vir kostuumontwerp

4.       Suzaan Jordaan – Brons vir kostuumontwerp en brons vir stelontwerp

5.       Arno van Niekerk – Brons vir beligting en klank

6.       Bianca van Buuren & Mathys Strydom – Brons vir verhoogbestuur

7.       Thenicia Schultz – Silwer vir verhoogbestuur.

Baie geluk aan die leerders en Juffrou Jordaan! 

Tienertoneel 2016

 

Redenaars – Bokkieweek 2016 het plaasgevind tussen 4 en 8 Julie 2016 te Kroonstad.

Volkies is verteenwoordig deur 3 leerders wat in die Oos-Transvaal Redenaarspan opgeneem is: Nantus Mouton (Gr 8) en Human van der Merwe (Gr 9) het aan die 0/16 Redenaars deelgeneem en Duané Kitching (Gr10) het aan die 0/19 afdeling deelgeneem. Nantus behaal ń 3de plek met Voorbereide Redenaars, ń 4de plek met Onvoorbereide Redenaars en is dan algeheel 4de van die 0/16’s. Human van der Merwe behaal ń 1ste plek in Voorbereide Redenaars, ń 2de plek in Onvoorbereide Redenaars en is dus algeheel 2de van die 0/16’s. Duané Kitching behaal ń 2de plek tesame met ń leerling van BCVO vir Voorbereide Redenaars en ń 1ste plek weereens tesame met ń leerder van BCVO vir die Onvoorbereide Redenaars. Dit het veroorsaak dat Duané en 2 ander 0/19 leerlinge al drie ń algehele 1ste plek behaal het wat dan gekwalifiseer het om die BOKKIE te wees. Volgens AVS reëls kan daar a.g.v. die hoeveelheid deelnemers net een Bokkie wees en moes hierdie 3 leerlinge weer uitdun en ń Onvoorbereide toespraak lewer dié keer met die Tema: Die hart van ń Bokkie toon waardes van geloof, hoop en liefde. Duané Kitching het haar goed van haar taak gekwyt en was algeheel 2de in die 0/19 afdeling. Hierdie span het weereens skoonskip gemaak en vir ń 7de keer as wenners met die trofee weggestap.

Nantus Mouton – Graad 8 Leerder het deelgeneem aan die Bokkieweek:
3de plek behaal in Voorbereide Redenaars
4de plek behaal in Onvoorbereide Redenaars
Algeheel 4de in die 0/16 Redenaars.

Baie geluk aan elke leerder julle is Volkies se trots!!

 

Duané Kitching en Tiaan Botha beide Graad 10 leerders het op 4 Junie 2016 deelgeneem aan Gauteng Interskole Redenaars te Laerskool Jan Cilliers, Parkview. Duané Kitching behaal in hul afdeling ń 6de plek, en Tiaan Botha ń 7de plek.

Baie Geluk!

GautengPicsArt_06-07-02 29 04

Kultuuruitslae: 10 Mei 2016

Redenaars: Die volgende leerders dring deur na ATKV semi-finaal :
Duané Kitching, Marissa Joubert, Human van der Merwe, EJ Viljoen en Lindie Coetzee.

Baie Geluk!

Duané Kitching (Graad 10) het die 8ste Mei 2016 deelgeneem aan ń kunswedstryd van die National Arts Assosiation – Teatro Arti. Sy het diplomas in die volgende items ontvang:
Afrikaanse Voorbereide Redenaars  A+++  (95%)
Bybel lees A+++ (97%)
Voorbereide lees A++ (93%) en
Eie keuse poësie A+++ (95%).

Duané Kitching Gr 10 en Human van der Merwe Gr 9 is ook opgeneem in die Oos-Transvaalse Bokkieweek Redenaarspan.

duanéPicsArt_05-08-12 38 27

 

Baie dankie vir die ouers wat die kultuurvergadering bygewoon het op Maandag die 17de Augustus 2015.  Die volgende ouers het hulself beskikbaar gestel vir die kultuurkomitee:

Barbara Kitching
Loraine van der Merwe
Annette Kruger
Heleen le Roux
Marius Joubert
Sandra Minnaar (BL-Lid)
Suzaan Jordaan (Onderwyser kultuur)

Baie geluk en baie dankie.

Beleid sal hersien word.
Verskeie projekte word beplan. U is meer as welkom om ook te kom aansluit en/of u mening/voorstelle te kom deel. Vertrou dat ons Hoër Volkskool se naam hoog sal hou deur kultuur en ook vir elke leerder ‘n geleentheid te kan bied om op sy/haar manier uit te blink.

 

Uitslae van Redenaars gedurende die Julie vakansie 2015:

Human van der Merwe – 0/16 Redenaars gewen (Bokkieweek) – Oos-Transvaalspan.

 

IMG_0267

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die volgende leerders is deur na die 2de rondte van die ATKV-Redenaars.

Voor van links: Marina Joubert – GR10-12 (Voorbereid)
Middel: Marissa Joubert – GR8-9 (Onvoorbereid)
Regs: Antoinette Weerheim – GR10-12 (Voorbereid)

Volgende rondte vind plaas op Saterdag 23 Mei 2015 by die Vaaldriehoekkampus.

 

Bokkieweek 2014

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wihan Botha en Antoinette Weerheim:

Wihan en Antoinette het deelgeneem aan die Bokkieweek redenaars Oos-Transvaal gedurende die Julie 2014 vakansie. Wihan het 3de plek behaal in voorbereide redenaars en Antoinette het ook 3de plek in voorbereide redenaars behaal.

Baie Geluk aan Marissa Joubert wat deur is na die Finale rondte van die ATKV-Redenaars wat gaan plaasvind by Buffelspoort in die 3de kwartaal 2014.

Marissa Joubert

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Baie Geluk aan die volgende dogters wat deur is na die semi-finale rondte van die ATKV-Redenaars kompetisie. Die semi-finaal vind vandag plaas die 23 ste Mei 2014 by Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoek Kampus in Vanderbijlpark:

Lize-Mari Ellis
Marissa Joubert
Claudine Steyn
Marina Joubert

Na die eerste uitdun-rondte van die redenaars is die volgende leerders verkies om aan die ATKV-Redenaars kompetisie 2014 deel te neem:

Juniors:
Lize-Mari Ellis
Marissa Joubert
Claudine Steyn
Duané Kitching
Wihan Botha

Seniors:
Marina Joubert
Antoinette Weerheim
Mauné Snyman

Marina Joubert

Marina het die afgelope 2 maande aan drie verskillende Kunswedstryde deelgeneem, nl. Heidelberg Kunswedstryd, Alberton Kunswedstryd en NEA waar sy in die dans-, drama- en redenaars-afdeling deelgeneem het en die volgende prestasie behaal het:

Heidelberg Kunswedstryd:
Hier het Marina 8 Diplomas, 5 goue sertifikate en 1 silwer sertifikaat ontvang in die drama- en dansafdelings. Op die Gala-aand het sy 11 Prestige Sertifikate ontvang as itemwenner, asook 9 Prestige Sertifikate en 9 medaljes as Afdelingswenner. Sy is ook aangewys as die Algehele Trofeewenner in die drama-afdeling, asook in die Konsertvoordrag-afdeling. Hiervoor het sy 2 Prestige Sertifikate en 2 trofees ontvang.

Alberton Kunswedstryd:
Hier het Marina aan 30 items deelgeneem in die Engelse en Afrikaanse Drama-afdeling, die dansafdeling en die redenaars-afdeling. Sy het 27 Diplomas ontvang (90% en hoër) en 3 goue sertifikate.
Op die itemwenner aand het sy itemwennersertifikate ontvang vir 22 items. Sy is uitgenooi na die Gala-aand waar sy aangewys is as die Afdelingswenner in die Afrikaanse Hoërskole Senior-afdeling van graad 10 tot 12. Hiervoor het sy ‘n trofee, ‘n sertifikaat, ‘n goue medalje, asook ‘n kontantbedrag ontvang. Sy is ook as Afdelingswenner van die Redenaars afdeling aangewys waarvoor sy dieselfde toekennings as by die Afrikkaans ontvang het. Sy het ook ‘n tweede plek in die Engelse Afdeling behaal en hiervoor ‘n silwer medalje gekry.

NEA Kunswedstryd:
Marina het die afgelope week aan die NEA Kunswedstryd deelgeneem in die dans-, drama- en redenaars-afdeling en die volgende prestasies behaal in 16 items: 14 diplomas (90% en hoër) en 2 goue sertifikate.

Tienertoneel

Die Tienertoneel groep se naam is HOOP hulle het ‘n Diploma verwerf in die NEA Eisteddfod 10 Oktober 2013 en is uitgenooi na die volgende rondte wat ‘n Nationale rondte is (Young Performance award”.)

Die volgende leerders het onlangs aan die ATKV redenaarskompetisie deelgeneem:

Juniors Seniors
Megan Holm Candice Gericke
Marina Joubert Almaré Swartz
Antionette Weerheim Marie Weerheim
Almaro de Villiers Juane van der Merwe
D Bouwes Adri Cronje

Baie geluk aan die volgende kinders wat deurgedring na die volgende rondte wat Vrydag 11 Mei 2012 by Noordwes Kampus Vanderbiljpark plaasvind

  1. Marina Joubert
  2. Candice Gericke
  3. Marie Weerheim
  4. Adri Cronje
  5. Juane van der Merwe