Volkieland
Facebook Feed

2 days ago

Volkies Heidelberg

Volkies speel Woensdag, 16 Oktober teen Harbajan Singh institute of Cricket (‘n Indiese toerspan van Delhi).

Volkies se 1ste span wen die vriendskaplike wedstryd met 80 lopies. Dit is ook die 1ste van 5 wedstryd wat die toerspan verloor in Suid-Afrika.

UITBLINKERS:
Josh van zyl 46
Tiaan Pretorius 34
Emile streicher 3 vir 14
Nathan labuschagne 2 vir 12 See MoreSee Less

View on Facebook

2 days ago

Volkies Heidelberg

Laerskool AG Visser se 0/12 krieketspan tree op 15 Oktober, 2019 as wenners uit die stryd teen L/s Tini Vorster in die Die Just Solar 0/12 Pienkbal reeks wat deur Hoër Volkskool aangebied word. See MoreSee Less

View on Facebook

2 days ago

Volkies Heidelberg

Baie sterkte aan ons 1ste krieketspan wat môre, 19 Oktober 2019 in hul 1ste Noordvaal uitspeelwedstryd deelneem teen H./s Marais Viljoen. Ons is baie trots op julle en hou styf duim vas. See MoreSee Less

View on Facebook

My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

Vinknes

‘n Geleentheid waar Volkies hul talent deur  sang, drama of dans kan uitleef!

 

 

 

 

 

Slide1 Slide2 Slide3 Slide4 Slide5 Slide6 Slide7 Slide8 Slide9 Slide10 Slide11 Slide12

Hoër Volkskool se jaarlikse Vinknes (talentaand) het op 22 September 2015 plaasgevind.

Gasvroue- en here moes ‘n tafel volgens ‘n gegewe tema “terug in tyd” dek. Die kreatiwiteit van leerders is behoorlik getoets en die Volkies het met briljante idees na vore gekom. Die tafelwenners was Lara Le Roux (tema: Ou boeke), Monique Bester en Elrie Botha (Pearl Harbour) en Brenda Grobbelaar (Plaaslewe 1900). Die gaste tooi hul ook in kostuum volgens die tafeltema en hier verdien die Union… Jack-tafel se gaste groot lof.

Die tweede been van Vinknes, waar gewoeker word soos woelige vinke, was die talentvolle deelnemers. Hier verdien Wihan Botha, sang en eie begeleiding met ‘n ukulele, Human van der Merwe, Talitha van Buren en Juanrich Dercksen (sangitems) verdien spesiale vermelding.

Die pronk-vink vir die aand was Marissa Joubert, ‘n graad 9- leerder, se klopdansitem. Dié Volkie het haarself binne 2 maande vanaf You-tube die moeilike genré aangeleer.

Tussen die kwetter en kweel, was Vinknes weereens, ‘n uiters genotvolle, kreatiewe en geslaagde aand!

 

Vinknes byeenkoms – 6 Augustus 2014

Die tema: Volkies moes ‘n afrikaanse liedjie uitbeeld. Al die Volkies was vreeslik kreatief en almal se tafels was met soveel moeite en sorg voorberei. Dit is waarlik ‘n aand wat geen Volkie kan of mag misloop nie.

 

Vinknes  byeenkoms | 24 April 2013

‘n Tema (Kitch en Kômmen) gee flair aan die geleentheid.  Ons deelnemers was soos ‘n vars briesie met hul oorsponklike idees.

     

Al die aktiwiteite op kultuurgebied resorteer onder ‘n kultuurhoof en die Beheerliggaam se portefeulje: Kultuur. Die kultuurhoof is Mnr. Jan van Heerden en Me. Marè Gericke beklee die kultuurportefuelje. Die struktuur behels dat ‘n komitee, redaksie of persoon in beheer is van ‘n aktiwiteit.