Volkieland
Facebook Feed

Aandag alle Volkies en ouers!

Baie belangrik. Graad 8 NW Eksamen Bl. 109-120 moet bykom by die eksamen studieriglyne vir graad 8's. Dit verskyn nie op die bladsy nie. Gaan gerus op ons webblad www.volkiesheidelberg.co.za om die studieriglyne af te laai.

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 23 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00. Betaal by voogpersoneel.
Algemene Jaarvergadering (26 Oktober 2017) - Herinner ouers om vergadering by te woon.
Uittekenvorms vir eksamen. Handig by voogonderwyser in (finaal)
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) - Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Lewenswetenskap (Prakties) Gr. 10.
Oefengroep: Wiskunde Gr. 10 & 11 (14:00 - 15:00)
AdMaths Gr. 9-11 in K60 (17:00 - 19:00)
Intervensie-klasse: Afrikaans Gr. 10 om 14:00.
Dirigente-oefening in saal (14:15 - 15:00)
Atletiekoefening: Alle items (15:00 - 16:30)
Rugby-kondisionering: Seniors (15:30) + 0/15 (15:00) + 0/14 (17:00)

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 20 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00 - betaal by voogpersoneel.
Uittekenvorms vir eksamen - handig by voogonderwyser in.
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Krieket 0/15A: Noordvaal-kompetisie (kwartfinaal) teen PHS (21 Oktober 2017) - Sterkte!
Krieket 1ste span: Vaaldriehoek Uitklopreeks teen H/S Sasol (21 Oktober 2017)
Atletiekoefening (15:00 - 16:30)
Atletiekoefening: Spiesgooi (14:15 - 15:00)
Hokkie-rondomtalie (21 Oktober 2017)

Volkiegroete!
...

View on Facebook
My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

SANESA Kampioenskappe

Grethe Deminey behaal twee 1ste plekke (goue medaljes) tydens die SANESA Nasionale perdry Kampioenskappe vir “showjumping”.

Baie geluk!

Grete Deminey

 

 

 

 

 

 

 

 

SA Ringbal

Caitlin Langner is opgeneem in die SA 0/17 Ringbalspan.

Baie geluk!

 

Caitlin Langner 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Jeugskou

Solita Kruger en Arthur Montgomery het tydens die vakansie aan die nasionale jeugskou kampioenskappe deelgeneem. Solita het ‘n 1ste plek in haar afdeling behaal. Baie geluk!

Solita Kruger en Arthur Montgomery(Jeugskou)

 

 

 

 

 

 

 

 

SA plekke vir Volkies!

Dené Jordaan behaal ‘n 1ste plek op Vloer en Balk en ‘n 3de plek op spronge, Sy eindig ook algeheel 1ste op die SA Gymnastic games vir Level 5 (13-17 jaar). Andri Reinecke behaal ‘n 1ste plek op Spronge en eindig algeheel tweede op die SA Gymnastic games level 4 (13-17 jaar).

Baie geluk! Ware Volkietrots!

Andri Reynecke Dené Jordaan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SPORTUITSLAE:

GIMNASTIEK: OPGENEEM IN OOS-GAUTENGSPAN OM AAN GAUTENG KAMPIOENSKAPPE DEEL TE NEEM: – BAIE GELUK!
Andri Reynecke / Dené Jordaan
Tammy van Vuuren, Chené Smit en Jayden Cooper verkies tot die Gauteng-Perdryspan.

Neem 7-8 Okt deel aan die SANESA perdrykampioenskappe te Kyalami Equestrian Park.

Baie geluk!

 

IMG_0633

 

SPORTUITSLAE:

PERDRY: SANESA GAUTENG NASIONALE SPAN
Karlien Beaurain

Baie geluk!

 

SPORTUITSLAE GEDURENDE DIE JULIE-VAKANSIE 2017:

Perdry: Verkies tot Sedibengspan wat aan SANESA Gauteng kampioenskappe gaan deelneem (05-06 Augustus 2017)

Jayhden Cooper / Tamara van Vuuren en Chané Smit

Baie geluk aan al ons Volkies! Ware Volkietrots!

 

JUKSKEI: SA KAMPIOENSKAPPE TE NAMIBIË (27 APRIL 2017 – 08 MEI 2017)
Beulha van Zyl

Baie geluk!

Beulha van Zyl

Nog ‘n Volkie oppad Duitsland toe!

EJ Viljoen is gekies om as deel van ‘n uitruilprogram van “Friends of South Africa” na Duitsland toe te gaan. EJ is die derde leerling van Volkskool wat hierdie jaar die geleentheid kry nadat twee ander leerders reeds in Junie gegaan het. Hierdie was ‘n lang proses en het begin by ‘n aansoekvorm wat hy by Juffrou Van Schalwyk gaan haal het. In die eerste rondte moes hy sy betrokkenheid by die skool en in die gemeenskap aandui en alle buitemuurse aktiwiteite waaraan hy deelgeneem het lys.

Die tweede keuringsproses was dan ‘n toets wat uit 3 dele bestaan het en gehandel het oor algemene kennis aangaande Suid-Afrika en Duitsland, ‘n persoonlikheids toets en dan laastens ‘n algemene kennis afdeling. Die derde fase van keuring was ‘n dankie sê brief wat hy aan sy gas-gesin in Duitsland moes skryf. EJ was een van 16 aansoeke in Gauteng wat gekortlys was en van hierdie 16 was hy algeheel 6 de gelys.

Al hierdie voorbereiding was beslis die moeite werd. Hy vertrek die 14de Desember 2016 en sal in Duitsland in Nienburg wees tot die 11de Januarie 2017. Geniet elke oomblik van hierdie wonderlike avontuur EJ ons kan nie wag om al die stories te hoor nie!

Ware Volkietrots!

ej-viljoen

EJ VILJOEN

 

Silwer medalje vir Divan!

Gedurende die CASCA GROSSA Brazilian Jui Jitsu SA ope toernooi het Divan Wessels in die onder 64kg klas vir ouderdom 14-17 deelgeneem. Hier het hy ‘n paar manne grond toe gevat. Hy val ongelukkig in die finale rondte uit maar verower nog steeds ‘n silwer medalje. Sy Sense Stephan Pretorius bekend as Mr Kick in die MMA wêreld sê hy sien nog groot dinge kom vir Divan. Baie geluk!

divan-wessels

SA Kleure in Ringbal!

Caitlin Langer het die afgelope vakansie aan die SA Ringbal kampioenskappe deelgeneem as deel van die Sedibeng 0/17 dogterspan. Hulle wen die toernooi en word gekroon as die SA kampioene. Sy word ook ingesluit in die SA-Uitnodigingspan en verwerf so haar SA kleure in ringbal.

Baie geluk! Ware Volkietrots!

caitlin-langner

SA Medalje vir Andri!

Andri Reinecke het die afgelope vakansie as deel van die Vaaldriehoekspan aan die “SA Gym Games” deelgeneem. Hier behaal sy ‘n goue medalje vir haar vloer roetine. Baie geluk Andri ons is trots op jou!

andri-reynecke

caitlin-langner

Andri kwalifiseer vir SA Gym Games!

Andri Reinecke het op 2 September 2016 aan die Vaaldriehoek Kampioenskappe te Kempton Park vir Vlak 4 Gimnastiek deelgeneem waartydens sy 5 goue medaljes (Vloer, Sprong, Balk, Brug en Algeheel) gewen het. Hier het sy gekwalifiseer om aan die Gauteng-Kampioenskappe deel te neem.

Die Gauteng-Kampioenskappe het plaasgevind op Saterdag 10 September te Centurion. Andri het ‘n 2de plek (silwer medalje) in Sprong en ‘n 1ste plek (goue medalje) in Vloer behaal. Uit 18 deelnemers was sy algeheel 2de (silwer medalje) in haar ouderdomsgroep vir Vlak 4 Gimnastiek. Andri kwalifiseer hiermee om aan die SA Gym Games 2016 in Kaapstad tydens die Oktober-vakansie deel te neem.

Ons wens haar alle sterkte toe! Baie Geluk!

mde

Gauteng-span vir Perdry 2016!

Petrus Bezuidenhout van Hoër Volkskool het aan die SANESA (skole perdry) Gauteng kampioenskappe in Kyalami deelgeneem as lid van die Sedibeng–span. Hy behaal ‘n eerste plek in dressering en ‘n 2de plek in ruiterkuns span-item en word derhalwe gekies vir die Gauteng-span om aan die SA Skole kampioenskappe deel te neem gedurende Oktober 2016.

Hiermee foto’s van hom en sy perd, Morgenstondt Lorrielle…(grys) waarmee hy ‘n eerste plek in dresseer gekry het en Carlisle’s Titan (chestnut), 2de plek in Ruiterkuns span-item.

Baie Geluk! Ware Volkietrots!

Petrus 2

Gauteng-span vir Perdry!

Liza Uys van Hoër Volkskool het aan die SANESA (skole perdry) Gauteng kampioenskappe in Kyalami deelgeneem as lid van die Sedibeng–span. Hul was 26 deelnemers en 12 is gekies vir die Gauteng-span om aan die SA Skole kampioenskappe deel te neem gedurende Oktober 2016.

Hiermee foto’s van haar en haar perd Capital U2. Sy is gekies vir die C-span en gaan deelneem in die 1.1m showjumping.

Baie Geluk! Ware Volkietrots!

Liza Uys

Leam Rheeder

 

Die volgende leerders het Hoër Volkskool verteenwoordig by die SANESA (SA National Equestrian Schools Association) byeenkomste gedurende 2015:

Grethe Deminey
Kyra Beukes
Megan Momberg
Taleta Coetsee
Liza Uys
Petrus Bezuidenhout

 

Hierdie span neem aan verskillende dissiplines/items deel en  tree uit as die algehele wenners van hul liga/afdeling in die Sedibeng streek.

Die volgende ruiters kwalifiseër vir die Sedibeng-span om aan Gauteng proewe deel te neem, wat die afgelope naweek 8-10 Augustus plaasgevind het.

 

Grethe Deminey
Megan Momberg
Liza Uys
Petrus Bezuidenhout

 

Een ruiter kwalifiseer vir die Gauteng-span wat tydens 5-10 Oktober aan die SA Nasionale Skole kompetisie sal deelneem:

Petrus Bezuidenhout

Ons is baie trots op hierdie spannetjie wat vir ‘n eerste jaar se deelname aan die SANESA skole byeenkomste so uitstekend gevaar het. Hul het hard gewerk en hard geoefen.  Ons is oortuig daarvan dat hul volgende jaar nog beter sal doen.

Ons vertrou dat die skool aan hierdie ruiters dieselfde erkenning sal gee as aan ander buitesporte, aangesien hul die skool verteenwoordig het met gepaste skool sportdrag en baadjies.  Hulle kan slegs aan hierdie byeenkomste deelneem as deel van ‘n skool en nie as ‘n buite-klub nie.

 

Mintie-Louise Botha

 

 

 

 

 

 

 

 


SANESA Nasionale Uithourit kompetisie 2014.

Namens Hoër Volkskool en SANESA wil ons graag Mintie-Louise Botha gelukwens met haar uitstaande prestasie. Sy het die Gauteng Skole Uithourit span verteenwoordig by die Nasionale Skole Uithourit kompetisie wat gehou is te Bethlehem op die 3de Oktober 2014.

Mintie-Louise was algeheel 4de in die kompetisie oor 80km. Sy is verkies as deel van die Nasionale Skolespan wat uit 4 ruiters bestaan en hulle sal dan Suid-Afrika verteenwoordig in hierdie Nasionale kompetisie.

 

EBW Olimpiade
Voor: Marissa Joubert en Juan-Mari Jordaan
Agter: Jacques La Grange

9 Leerders het deelgeneem aan die EBW-Olimpiade te Phoenix High in Vereeniging die 4de September 2014. Uit hierdie 9 leerders het 3 die Distrikskompetisie gewen en is toe deur na die Gauteng byeenkoms te Glenanda Primary in Johannesburg die 13de September 2014. Hulle het algeheel 5de geëindig uit 21 skole!

 

Stefan en Cheraldine

 

 

 

 

 

 

 

 


Stefan Steenekamp en Cheryldene Damon

Stefan Steenekamp en Cheryldene Damon het hulle SHO 1ste dan diploma vanaf Japan ontvang.

Hulle is vanaf 2006 betrokke by die JKA in Heidelberg, onder die leiding van Sensai Johan La Grange.

Hulle was 14 jaar oud toe hulle die gradering slaag en dit is ‘n prestasie om dit so jonk te ontvang. Die twee word nou 16 en die wag vir dié diploma was beslis die moeite werd!

 

Elbe Mieke Botha

 

 

 

 

 

 

 

Chantelle Greyling

 

 

 

 

 

 

 

Sune en Elri 2014

 

 

 

 

 

 

 

 

Schaunelle SchoonraadShaunelle Schoonraad

Shaunelle Schoonraad het van die 12de – 15de September 2013 aan die Wereldkampioenskappe deelgeneem te Duitsland, waar sy lid was van die SA Formation team. Die span het 16de geeindig.
Sy het ook van die 21ste tot die 23ste September 2013 deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe waar sy in al drie haar afdelings goud verwerf het. Daarna moes sy aan die ‘Advanced Champion’ titel meeding en 2 goue medaljes vir latin en energy en silwer vir classic verower.

 

 

 

Roetekaart vir die Matriekafskeid 2013

Visio-Matriek 2013 traffice points

 

SKAAK

7de Augustus afrigting deur ‘n Professionele afrigter Mnr. Martin Botha. Indien enigeen belangstel kan Mev. Estelle Kruger-Diedericks gekontak word op 073 9587 906.

100 000 DOPPIES

Meer as 400 leerders van Hoër Volkskool.  Heidelberg het op 17 Maart die Protea teen Pakistan byeenkoms bygewoon.

Die Volkie gees was groot en hul het die skool se naam hoog gehou. Hul was die wenners van ‘n kompetisie van Powerade om te kyk watter skool kan die meeste proppies insamel. Hoër Volkskool het teen 60 ander skole gekompeteer en eerste plek behaal deur meer as 100 000 proppies in te samel. Die skool was beloon deur na die wedstryd van die Proteas te gaan kyk op Bidvest Wanderes Stadion, Suid van Sandton.  Wel gedaan Volkies!