Volkieland
Facebook Feed

Aandag alle Volkies en ouers!

Baie belangrik. Graad 8 NW Eksamen Bl. 109-120 moet bykom by die eksamen studieriglyne vir graad 8's. Dit verskyn nie op die bladsy nie. Gaan gerus op ons webblad www.volkiesheidelberg.co.za om die studieriglyne af te laai.

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 23 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00. Betaal by voogpersoneel.
Algemene Jaarvergadering (26 Oktober 2017) - Herinner ouers om vergadering by te woon.
Uittekenvorms vir eksamen. Handig by voogonderwyser in (finaal)
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) - Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Lewenswetenskap (Prakties) Gr. 10.
Oefengroep: Wiskunde Gr. 10 & 11 (14:00 - 15:00)
AdMaths Gr. 9-11 in K60 (17:00 - 19:00)
Intervensie-klasse: Afrikaans Gr. 10 om 14:00.
Dirigente-oefening in saal (14:15 - 15:00)
Atletiekoefening: Alle items (15:00 - 16:30)
Rugby-kondisionering: Seniors (15:30) + 0/15 (15:00) + 0/14 (17:00)

Volkiegroete!
...

View on Facebook

Leerdersake: 20 Oktober 2017

Gewone klere tydens November-Eksamen teen R50,00 - betaal by voogpersoneel.
Uittekenvorms vir eksamen - handig by voogonderwyser in.
Kaskarwedren (27 Oktober 2017) Borgvorms moet so gou moontlik ingehandig word.
Krieket 0/15A: Noordvaal-kompetisie (kwartfinaal) teen PHS (21 Oktober 2017) - Sterkte!
Krieket 1ste span: Vaaldriehoek Uitklopreeks teen H/S Sasol (21 Oktober 2017)
Atletiekoefening (15:00 - 16:30)
Atletiekoefening: Spiesgooi (14:15 - 15:00)
Hokkie-rondomtalie (21 Oktober 2017)

Volkiegroete!
...

View on Facebook
My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

SPORTUITSLAE:

SKAAK: SEDIBENG KAMPIOENSKAPPE (25-26 AUG 2017)
0/19
Naaswenners (silwer) – Baie geluk!
Willem Huisamen / Tristan Visser / Ronita van Niekerk / Stefan Grobler / Konrad du Plooy / Conrad du Toit

0/15
Wenners (goud) – Baie geluk!
Claryn van Niekerk / Jaqueline De Sousa Jardim / Cade van der Spuy / Natalie Visser / Rachelle Coetzee

SPORTUITSLAE:
SKAAK: SEDIBENG (D7) KAMPIOENSKAPPE (20 MEI 2017) – KWALIFISEER VIR GAUTENG KAMPIOENSKAPPE

Image may contain: 5 people, people smiling, people standing

GOUD: Stefan Grobler (0/15)
SILWER: Ronita van Niekerk (0/19) / Tristan Visser (0/19)
BRONS: Claryn van Niekerk (0/15)
ANDER: Jaqueline de Sousa Jardim – Eindig 4de (015) / Willem Huisamen – Eindig 7de (0/19)

Baie geluk aan al ons Volkies!

 

Eurekaskool saam met Juf F Bouwer en Mev A Huisamen

Slide1

 

Deelnemers aan die FIDE Prestige afdeling met Gauteng se skaak president Hendrik du Toit.

Slide2Foto’s

Heidelberg Skaak-Ope ‘n reuse sukses!

Hoër Volkskool het die naweek die voorreg gehad om die Heidelberg Skaak Ope aan te bied. Hierdie byeenkoms is georganiseer deur Mev Anne Huisamen met hulp van Mej Frances Bouwer, die Heidelberg Skaakklub asook die Sedibeng Skaak federasie. 225 Spelers neem deel in verskillende afdelings. Ses uit tien van Suid–Afrika se top skaakspelers volgens die CHESSA graderings neem deel aan die FIDE Prestige afdeling. Spelers het sover gekom as Zambië en Zimbabwe vir hierdie toernooi. Ons was ook bevoorreg om twee van ons Oud Volkies terug te verwelkom, Almaro De Villiers het teen die Top spelers deelgeneem in die FIDE afdeling en Jacques Du Preez het deelgeneem in die A-afdeling. Die toernooi is ook ondersteun deur Hendrik du Toit Gauteng Skaak se President. Die wenners in die Prestige afdeling was 1. Danie Jere 2. Ryan van Rensburg en 3. Johannes Mabusela. Al drie hierdie spelers is “International Masters” in die skaakgemeenskap.

Vir die eerste keer in die geskiedenis het Hoër Volkskool ook ‘n gegradeerde toernooi aangebied vir Fisiese en verstandelik gestremde leerders wat aan die LSEN-afdeling deelgeneem het. Die Eurekaskool het 14 jaar gelede begin met skaak, nadat ʼn optimistiese persoon aan Eurekaskool voorgestel het dat die skool se leerders skaak moet leer speel. Die personeel was skepties en het gedink dit is onmoontlik vir ʼn skool wat fisies en intellektueel erg gestremde leerders het, om skaak te leer speel, maar hierdie persoon het gevra om dit ʼn kans te gee. Twee onderwysers is betrek en het saam met die leerders begin skaak leer. Eureka se personeel het gou agtergekom dat daar wel van die leerders is wat gou geleer het, terwyl ander bietjie langer geneem het, maar tog geleer het. Hulle het 42 kinders gestuur om aan die Ope by Volkies deel te neem en kom beslis weer volgende jaar.

Baie dankie aan elke persoon wat baie hard gewerk het om hierdie naweek se Ope ‘n groot sukses te maak. Volkies Skaak is Tops!!

Skaakmat!

Hoër Volkskool Heidelberg bied in samewerking met Sedibeng Skaak ‘n ope skaaktoernooi aan vanaf 3 tot 5 Februarie 2017.
Groot pryse is op die spel met R3000 vir die wenner in die prestige (FIDE rated) afdeling. Inskrywingsgelde wissel van R60 tot R300 na gelang van die afdeling waarin jy wil deelneem. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2017 om 21h00. Vir verdere inligting skakel Francis Bouwer by Tel 016 341 3165 of Anné Huisamen by 0832253027.

 

Hoër Volkskool hou elke jaar ‘n skaaktoernooi. Een van die doelwitte is om fondse in te samel vir die skool se skaak. Die bord is betaal uit ons fondse wat ons ingesamel het.
Die skaaktoernooi vind elke jaar die eerste naweek van Februarie plaas. Groot name in die skaakwêreld kom speel ook hier a.g.v. groot borge.
Ons hoofborg vir die jaar was Access Eiendomme en ons bedank Jaco Jordaan hartlik vir sy bydrae om die geleentheid moontlik te kon maak.

skaak-pione

Sedibeng Hoërskole Skaakliga wat die afgelope naweek (12-13 Augustus 2016) te Dr Malan plaasgevind het.

Daar was altesaam 11 Hoërskole wat deelgeneem het in die onderskeie afdelings O/15, O/17 en O/19.

Hoër Volkskool het een O/15 span en twee O/19 spanne ingeskryf.

Ons O/19A span het as algehele wenners uit die stryd getree na 5 wedstryde van 2 ure elk. – Baie Geluk!

Twee wedstryde het Vrydagmiddag plaasgevind en 3 Saterdag.

Ons A-span het uit 6 spelers bestaan: Almaro De Villiers, Zander Minnaar, Hanjo Minnaar, Vian Maree, Quan Du Plessis en Ronita Van Niekerk.

Die top 4 borde het nie een wedstryd verloor gedurende die kompetisie nie en het die span 26,5 uit 30 spelle gewen.

Dit is die 4de agtereenopvolgende jaar wat hulle die Sedibeng Hoërskole Skaakliga Trofee verower en is ook ‘n rekord in die geskiedenis van Sedibeng.

Baie geluk aan hulle! Hulle het dit sowaar verdien!

O/15’s het met ‘n halwe punt in 4de plek geëindig. Baie geluk aan hulle ook.

Die O/19B span was onvolledig en het aan ‘n individuele kompetisie deelgeneem en as ware trotse Volkies ook hul beste skuiwe gemaak.

Sedibeng skaakwenners 2016

 

SPORTUITSLAE: 12-13 AUGUSTUS 2016

Skaak: Hoërskole Toernooi
Algehele wenners van Sedibeng (4de agteropeenvolgende jaar – Baie Geluk!)
Seniors – 1ste plek
Juniors – 3de plek

 

72JPVYF95

SKAAK

Hoër Volkskool het die afgelope naweek aan die Saddles Hoërskole Skaak Toernooi 2016 deelgeneem te Hoërskool Gimnasium, Vereeniging.

Daar was altesaam 25 spanne wat uit 6 spelers per span bestaan het.

Die kompetisie het Vrydag om 14h00 afgeskop. Die skole het 2 wedstryde van ‘n uur elk gespeel en Saterdag nog 5 wedstryde.

Skole van D7 & D8 het deelgeneem. Daar was altesaam 10 Hoërskole, onder andere Hoërskool Gimnasium, Hoërskool Suiderlig, Phoenix Hoërskool, Carel De Wet Hoërskool, Drie Riviere Hoërskool, ens.

Ons kan met trots sê dat Hoër Volkskool se Juniorspan as nommer 1 uit die stryd getree het en die beste skuiwe kon maak.

Die Senior A-span het in die 2de plek geëindig met net 1 punt agter die voorlopers Carel De Wet. Die Seniorspan was die verdedigende wenners vir die afgelope 4 jaar.

Die Hoërskole Liga sal weer die 12 & 13 Augustus plaas vind te Hoërskool Dr Malan, Meyerton.

Senior A-span: Almaro De Villiers, Zander Minnaar, Hanjo Minnaar, Vian Maree, Quan Du Plessis, Ronita Van Niekerk, Khensani Baloyi.

Juniorspan: Willem Huisamen, Tristan Visser, Johan Van Der Vyver, Riki Van Wyk, Lindie Coetzee, Jacqueline De Sousa Jardim, Brigita Hough.

Senior B-span: Daniel Pretorius, Carla Coetzee, Nomfundo Zuma, Kgomotso Mabitsela, Juan-Pierre Meere, Xolani Mazibuko, Precious Mthobeni, Palesa Kgomo, Nhlamulo Baloyi – eindig 11de uit 17 spanne.

Skaakorganiseerder: Juf. Estelle Kruger-Diedericks

Resultate beskikbaar op http://chess-results.com/fed.aspx?lan=1&fed=RSA  

 

Skaak: Gauteng kampioenskappe te H/S Waterkloof – 14 Mei 2016:

Seuns 0/15
26ste: Willem Huisamen
33ste: Tristan Visser

Dogters 0/15
25ste: Lindie Coetzee

Dogters 0/18
17de: Ronita van Niekerk
24ste: Carla Coetzee
37ste: Kgomotso Mabitsela
77ste: Nomfundo Zuma

Sedibeng: Skaak-kampioenskappe te L/V Heidelberg – 7 Mei 2016

Meisies

0/15: Riki van Wyk (3de plek) / Lindie Coetzee (5de plek)
0/18: Ronita van Niekerk (1ste plek) / Carla Coetzee (5de plek)
Nomfundo Zuma

Seuns
0/15: Tristan Visser (2de plek) / Willem Huisamen (4de plek)

Baie Geluk!

Hoër Volkskool Heidelberg Gegradeerde Ope Skaaktoernooi 2016

14 van Hoër Volkskool  se leerders het Saterdag 6 Februarie aan die 2de gegradeerde Sedibeng-skaaktoernooi vir 2016 te Hoër Volkskool deelgeneem. Die leerders het besonder goed presteer en veral goeie Performance Ratings (ratP) behaal!

In die D Afdeling (Slegs vir Meisies):  o/16
1ste – Riekie Van Wyk (Gr 7)
2de – Lindie Coetzee

B Afdeling (o/18 gemeng):
3de
– Vian Maree
Ronita van Niekerk; Johan van der Vyver; Willem Huisamen; Jannes Bekker; Danie Pretorius; Khensani Baloyi; Brandon Viljoen.

A Afdeling (Ope gemeng):
Zander Minnaar Gr 12; Hanjo Minnaar Gr 11; Quan Du Plessis Gr 11.

Prestige Afdeling (Slegs hoër gegradeer as 1600 gemeng):
Almaro De Villiers Gr 12

Vrydag 12 Februarie is dit die Volkie Skaak Ope vir alle Laerskool leerders. Ons moedig alle belangstellende Volkie skaakspelers aan om te gaan deelneem. Inskrywingsgelde beloop slegs R20(betaalbaar op die dag). Meld Vrydag 13:30 by die saal aan vir registrasie. Ons begin stiptelik om 14:00. Die leerders sal 5 wedstryde elk speel.  Inskrywings sluit Woensdag 10 Februarie 20:00. Inskrywingsvorms beskikbaar by Juffrou Monique of op www.sedchess.co.za of kontak gerus Marie-Louise by 082 576 4260.

Saterdag 13 Februarie bied Laer Volkskool, in samewerking met Heidelbergskaakklub en Sedibeng, ‘n gegradeerde skaaktoernooi aan. Indien jy in aanmerking wil kom vir die Sedibengskaakspan, moet jy voor 1 Augustus aan 5 gegradeerde Skaaktoernooie deelneem. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Juffrou Monique of op www.sedchess.co.za of kontak gerus vir Marie-Louise by 082 576 4260. Inskrywings sluit Woensdag 10 Februarie om 20:00.

HEIDELBERG OPEN – CHESS TOURNAMENT 2016 (5, 6 & 7 FEBRUARY 2016 @ Hoër Volkskool Heidelberg):

HEIDELBERG OPEN.docx 2016

VROUEDAG SKAAKTOERNOOI 2015 – 8 & 10 Augustus 2015

Die toernooi waar dogters en seuns, ouers, oumas en oupas saam kan speel.
Womens Day Chess Tournament 2015

Hoër Volkskool Heidelberg het die afgelope naweek die 31ste Julie & 1 Augustus 2015 aan die Hoërskole Skaakliga deelgeneem.

Al die skole oor die hele Sedibeng – D7 & D8, het deelgeneem en Hoër Volkskool se O/18’s het vir die 3de agtereenvolgende jaar die trofee gewen.

Die O/15’s het 4de plek behaal algeheel maar 1ste van die D7 skole en dring dus ook deur na die Gauteng Skole Skaakkampioenskappe tesame met die O/18’s wat op die 28ste & 29ste Augustus in Pretoria te Waterkloof Hoërskool sal plaasvind.

Baie geluk aan die spelers en juf. Estelle. Ons wens jul alle sterkte toe vir die kompetisie later die maand.

IMG_5583

 

 

 

 

 

 

 

 

IMG_5243

Volkies Skaak

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoër Volkskool het die jaarlikse Saddles Skaaktoernooi aangebied en vir die VIERDE agtereenvolgende jaar WEER die trofee gewen! Hier het al die skole in die hele Sedibeng deelgeneem, D7 & D8. Daar was 11 Hoërskole altesaam. Vir die 1ste keer het die toernooi 2 afdelings gehad, Junior en Senior.

Die Senior afdeling het bestaan uit Gr 10, Gr 11 en Gr 12.
Hoër Volkskool het altesaam 4 spanne ingeskryf waarvan 3 in die Senior afdeling gespeel het.
Die Senior afdeling het altesaam 18 spanne gehad. Skole wat deelgeneem het is, Dr Malan, Transvalia, Gimnasium, Driehoek, Drie Riviere, Overvaal, Carel de Wet, General Smuts, Phoenix en Suiderlig.
Hoër Volkskool se A span wen die Senior afdeling en kry elk ‘n goue medalje asook die Saddles Trofee.
Die Seniorspan se skaakorganiseerder is juf. Estelle Kruger-Diedericks (heel voor met trofee), dan van links na regs, Hanjo Minnaar Gr 10, Khensani Baloyi Gr 11(reserwe), Zander Minnaar Gr 11 (Kaptein), Vian Maree Gr 9, Almaro De Villiers Gr 11 (Bord 1), Chris-Marie Goold Gr 11 en Quan Du Plessis Gr 10.

Die Hoërskole Liga word aangebied op die 31ste Julie 2015 en 1 Augustus 2015 te Dr Malan, waar al die skole weer sal meeding om die Hoërskole Skaakliga Trofee. Die wenners daar sal ook deurdring na Gauteng Skole in Pretoria op 29 Augustus 2015.

Die Junior afdeling het bestaan uit Gr 8’s en Gr 9’s. Daar het 8 spanne ingeskryf. In die Junior afdeling kom Hoër Volkskool se spannetjie 2de en wen silwer medaljes. Wel gedaan! En dit vir die 1ste keer! Hoër Volkskool se span bestaan egter net uit Gr 8 leerders.
Die spannetjie se skaakorganiseerder is juf. Estelle Kruger-Diedericks. Die skaakspelers in die span van links na regs is Wynand Moolman, Tristan Visser, Ronita Van Niekerk, Willem Huisamen, Johan van der Vyver en Emile Visser (Kaptein).

Heidelberg Ope Skaaktoernooi 2015 – 7 Februarie 2015:

Heidelberg Ope Inskrywingsvorm 2015_

Hiermee ‘n kort verslaggie rakende Hoër Volkskool leerlinge tydens die SA Junior Skaakkampioenskappe 2014 wat gehou was in Kimberley vanaf 3 – 10 Januarie 2015.Die leerders was ware ambassadeurs en het hul knap gedra met baie mooi maniere en resultate.
  1. Gideon Breytenbach het slegs in die spankompetisie deelgeneem en het ‘n perfekte telling van 7 uit 7 behaal. Hy het 1ste geëindig in sy oud…erdomsgroep, onder 20 op sy bord – bord 6. Gideon verdien ‘n bordprys vir die uitsonderlike prestasie.
  2. Almaro De Villiers (Volkskool se bord 1 speler) het deelgeneem aan die spankompetisie sowel as die individuele kompetisie.  Almaro het op bord 2 in die onder 18’s groep ook 7 uit 7 gewen en was dan ook 1ste in sy afdeling en verower ‘n bordprys.  Hy kry 4,5 uit 7 in die individuele kompetisie en dring dan ook deur na die Geslote SA’s wat in April sal plaasvind in Pretoria. Slegs die top 10 word genooi. Indien Almaro dit kan regkry om daar in die top 10 te eindig, verdien hy Protea klere en sal hy SA oorsee verteenwoordig.
  3. Zander Minnaar (Volkskool se bord 2 speler en skaakkaptein) wen ook ‘n bordprys op bord 3 by die onder 18’s met 6 uit 7 tydens die spankompetisie.  Zander neem ook deel aan die individuele kompetisie en mis sy plek om na Geslote toe te gaan met ‘n halwe punt. Hy wen 4 uit 7 eindig 15de in die land.  Die onder 18 span eindig 2de in die land en word bevorder na die Kampioenskapliga volgende jaar.
  4. Hanjo Minnaar speel op bord 2 met 1,5 uit 7 vir die onder 16A span. Sy span verdien 3de plek in die land en word ook bevorder na Kampioenskapliga.  Hanjo speel ook individuele kompetisie en wen 3,5 uit 7 spelle in die onder 16 ouderdomsgroep.
  5. Quan Du Plessis neem deel aan spankompetisie in die onder 16/B-span en wen 5 uit 7 spelle.
  6. Vain Maree neem deel aan die span en individuele kompetisie. Hy verteenwoordig Ekurhuleni in die onder 14/A-span en wen 4 uit 7 spelle en by die individuele kompetisie wen hy 3,5 uit 7 in die onder 16 ouderdomsgroep.
  7. Ronita Van Niekerk neem deel aan die spankompetisie in die onder 14 span en wen 4,5 uit 7 spelle in die onder 16B span.
  8. Willem Huisamen neem deel aan span sowel as individuele kompetisie. By die individuele kompetisie wen hy 1 uit 7 spelle in die onder 14 groep.
  9. Johan van der Vyver neem deel aan die spankompetisie en wen 4,5 in die onder 14/A-span.Hoër Volkskool het die tweede meeste leerlinge in Sedibeng Skaakspanne gehad naas Carel de Wet wat slegs 2 meer gehad het.

Sedibeng Skaakbestuur wil net vir Hoër Volkskool opreg bedank vir die ondersteuning met skaak.

 Gauteng Skole Skaak Spankompetisie: 30 Augustus 2014

Gauteng 3de

 

 

 

 

 

 

 

 

Volkies neem deel in die O/18 afdeling en kom algeheel 3de in Gauteng!!!

Daar moet in ag geneem word dat daar slegs 1 onder 19 skaakspeler in ons span was en a.g.v. die 1 speler wat in die hoër ouderdomsgroep val, moes die hele span wat uit Gr 8, Gr 9 en Gr 10 bestaan, op speel teen die ander skole in Gauteng se Onder 19’s.  Totale hoeveelheid skole wat in die afdeling deelgeneem het, was 28 Hoërskole wat van verskillende dele van Gauteng gekom het.

Skole wat deelgeneem het aan die Gauteng Kampioenskappe:  Waterkloof, Prestige College, Marais Viljoen, Dr Malan, Carel de Wet, Afrikaans Hoër Pretoria, Springs Boys High, Die Anker, Kemptonpark, Benoni, HS Florida, en nog vele meer.
Baie dankie vir juf. Estelle Kruger se ondersteuning en bystand.

VOLKIES WAS WARE AMBASSADEURS VIR HOëR VOLKSKOOL HEIDELBERG.

Skaak A-span 2014Skaak B-span 2014


Skaak A-span:

Van links voor: Vian Maree, Hanjo Minnaar, Almaro de Villiers, Quan du Plessis.
Agter links: Jason Nortjé Bouwe Wiersma, Zander Minnaar, Chris-Mari Goold, Khensani Baloyi, Gideon Breytenbach
Afwesig: Danie Pretorius.

Skaak B-span:
Agter: Charl Drinkwater
Middel: Precious Sibaya en Elsie Chibamu
Voor: Khaya Smous en Xoliswa Manzana

Sedibeng Skaak Hoërskole Toernooi by Dr. Malan – 1 en 2 Augustus 2014.

Hoër Volkskool se skaak A en B span het op 1 & 2 Augustus 2014 by Dr. Malan teen ander Hoërskole van die Sedibeng streek gaan deelneem.

Na vyf senutergende rondtes het Volkskool se A-span onder leiding van Zander Minnaar die toernooi onoorwonne voltooi. Agt van dié leerders neem die 29ste en 30ste Augustus 2014 deel aan die Gautengkampioenskappe in Pretoria.

Hoewel die B-span nie so goed gevaar het nie, is daar werklik goeie potensiaal onder die leerders en ons sien uit om hulle te ontwikkel in die meesters (skaak) van die toekoms.

Hanjo Minnaar 2014

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Zander

 

 

 

 

 

 

 

 

Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool Heidelberg was gekies om deel te gaan neem aan die Gauteng Skole Individuele Skaakkampioenskappe die naweek, 21 Junie 2014, te Die Anker Hoërskool, Brakpan.

  1. Hanjo Minnaar O15 Seuns
  2. Zander Minnaar O17 Seuns
  3. Almaro de Villiers O17 Seuns
  4. Chrismari Goold O17 Dogters
  5. Gideon Breytenbach O19 Seuns

Hulle’t almal baie mooi gespeel teen baie sterk kompetisie. Al 4 die seuns het 3 uit 5 spelle gewen vir die dag.
Gideon Breytenbach eindig 5de in sy afdeling.
Zander Minnaar eindig 7de Seuns Onder 17 en
Almaro De Villiers eindig 8ste in Seuns Onder 17
Chrismarie Goold eindig 14de in Dogters Onder 17
Hanjo Minnaar se uitslae is nog nie bekend.

Program vir 2014 – Gauteng Schools –  Individuals Chess Championships:

Gauteng School Individual Chess Championships 21 JUNE 2014

Venue:  Hoerskool Die Anker
131 Tweedy Road
Brenthurst, Brakpan

Lys van kinders wat gekies is om deel te neem:

Under 15 Boys
1.       David Smith Henley Prep
2.       Jestus Fouche Destinata
3.       Hanjo Minnaar Hoër Volkskool
Under 15 Girls
1.       Arenda De Koster Dr Malan
Under 17 Boys
1.       Cavan Jacobs Destinata
2.       Ockert De Villiers Hoër Volkskool
3.       Zander Minnaar Hoër Volkskool
Under 17 Girls
1.       Carlia Venter Overvaal
2.       Chrismari Goold Hoër Volkskool
Under 19 Boys
1.       Gideon Breytenbach Hoër Volkskool
2.       Russel Pearson Life Ministries
3.       Bastiaan Erlank Overvaal
Under 19 Girls
1.       Wilna de Koster Dr Malan

Die A span van Hoër Volkskool Heidelberg het Saterdag 24 Mei 2014 daarin geslaag om die Saddles skaak trofee suksesvol te verdedig vir die tweede agtereenvolgende jaar.  Hulle is dus vir die derde agtereenvolgende jaar onoorwonne.  Die Saddles liga is ‘n vriedskaplike liga waarin al die Sedibeng Hoërskole jaarliks kan deelneem.  Tweede was HTS Carel De Wet A en Transvalia A het derde gekom.

Saddles-Skaakliga vind plaas die 23ste en 24ste Mei 2014 in die skoolsaal.  Inskrywings is spanne van 4 en kan gedoen word by Mev. Estelle Kruger-Diedericks by die skool. Inskrywings sluit die 20ste Mei 2014.

Uitslae van die skaaktoernooi wat op 8 Februarie 2014 plaasgevind het (tuis).

By die Ope Afd. het die volgende kinders in deelgeneem teen baie sterk kompetisie. Daar was spelers van Mpumalanga, Limpopo, Johannesburg, Pretoria & Noordwes.
Hanjo Minnaar en Almaro de Villiers, elk met 3 uit 5 en eindig gesamentlik  in die 12de plek, Zander Minnaar met 2,5 uit 5 en eindig in die 27ste plek. Gideon & Arno Breytenbach met 2 uit 5 en eindig gesamentlik in die 35ste plek.  Hier speel altesaam 58 spelers in die afdeling.

Die volgende leerlinge neem deel in die B Afdeling wat uit Hoërskool leerlinge bestaan het:
Chrismari Goold met 4 uit 5 en eindig in die 4de plek. Sy wen ook ‘n brons medalje vir Dames Presteerder.
Quan du Plessis met 3 uit 5 en eindig in die 17de plek.
Bouwe Wiersma met 2 uit 5 en eindig in die 35ste plek.
Khensani Baloyi met 2 uit 5 en eindig in die 37ste plek.
Danie Pretorius met 1,5 uit 5 en eindig in die 58ste plek.
Hier speel altesaam 71 spelers in die afdeling

Die totale inskrywings vir die hele toernooi was 225 spelers wat kompeterende skaak terselftertyd gespeel het vanaf 8h00 – 19h00.

Daar is Saterdag 8 Februarie ‘n groot Skaak Toernooi in ons skoolsaal. Begin 7h30, 5 rondtes 61/61 groot pryse te wen. Kontak Sandra Minnaar by 083 312 5074 vir verdere inligting of besoek webblad www.sedchess.co.za

Mev. Sandra Minnaar is verkies tot President van Sedibeng-Skaak. Volkies is baie trots op jou – baie geluk!

Uitslae van die Gauteng Skaak Kampioenskappe wat gehou was te Pretoria op 31 Augustus 2013. Volkskool het 4 uit die 5 spelle gewen met ‘n punte totaal van 19.

Aandag.pdf skaak

Commonwealth Skaakkampioenskap – Port Elizabeth 2013

Almaro De Villiers eindig 47ste in die B-afdeling.   Die kampioenskap het 930 deelnemers ingesluit.