Skaak

Skaak is ‘n sport wat deur oud en jonk saam geniet kan word. Dit is ten goede vir algemene ontwikkeling van die brein en liggaam. Baie welkom by Heidelbergskaakklub waar ons die liefde vir skaak wil kweek!

Soos elke jaar was die Heidelberg Ope Skaaktoernooi ‘n groot sukses. Die algehele wenner was Daniel Cawdery, tans ook Suid-Afrika se nommer een speler. Daar was ook ‘n spesiale afdeling waarin leerders van Eureka se spesiale skool deelgeneem het. Die toernooi het Vrydagaand, 1 Februarie begin en die dubbels-aand is deur ons eie Volkies, Stefan Grobler en Willem Huisamen gewen. Spesiale dank aan al die betrokke borge en Me. Karin de Villiers vir hul bydraes en harde werk.

Toernooie

Heidelberg SkaakklubTournament form 2020.docx-1